Monsterrugby Afrikaans Boeke vir Kinders by Fanie Viljoen - 16th January 201612th October 20230 Is die nuwe ou in die skool ’n monster? Ampie droom daarvan om sy skool se rugbyheld te word. Maar ongelukkig is sy bene maar aan die dun kant en hy vaar nie altyd te waffers op die rugbyveld nie. Daarom weet hy sommer hy gaan sy plek in die span verloor toe Max Swart sy opwagting in hul skool maak. Max is groot en sterk, hy lééf vir rugby en hy is ’n regte boelie. Kort voor lank vind Ampie uit dat Max ’n nare geheim het … Hoe gaan Ampie die res van sy rugbyspan oortuig dat die skool se nuwe ster-speler in werklikheid ’n MONSTER is? Het jy murg of melkskommel in jou pype? Maak reg vir ’n rugbywedstryd soos jy nog nooit gesien het nie – en die verloorders gaan geëet word! Koop Monsterrugby is beskikbaar is alle goeie boekwinkels. Klik hier om dit aanlyn by Loot te bestel. Klik hier om dit aanlyn by Amazon te bestel. Klik hier om dit direk by Lapa Uitgewers te bestel. Klik hier om die e-boek by Lapa uitgewers te bestel. Onthou Daar is ook ander grillerige sportboeke in die reeks. Lees ook Vampierhokkie en Sneeuman-swem. Luister na ’n uittreksel Luister na ‘n uittreksel uit Monsterrugby. Idee vir die klaskamer: Onderwysers kan dit ook as ‘n luisteroefening in die klas gebruik. https://www.fanieviljoen.co.za/wp-content/uploads/2016/04/Boekvoorlesing-Monsterrugby-Maroela-Media.mp4 Uittreksel ’n Nare dag op Breekkloof Breekkloof is bobaas, Breekkloof is tops! Breekkloof maak maalvleis van jou skool se tjops. Ons knoop jou, ons knak jou, ons skree en ons raas. Want ons is die brekers en ons is die baas! Dit is hoe die rugbykreet eintlik moes klink. Maar Laerskool Breekkloof se spelers kom skaars by “maalvleis”, toe word Ampie Coetzee naar. “Sies!” roep van die ander spelers. Ampie word altyd naar as die rugbyspan te hard oefen. Hy waarsku gewoonlik, maar nie vandag nie. Of dalk het die rugbykaptein, Ludolf de Beer, en die ander ouens hom net nie gehoor nie. Hulle het mos gesing. En Ampie praat sag. Veral as hy naar is. “Lekker, ou Ampie!” terg Tonie, die vleuel. “Reg op die middellyn.” Ampie is so bleek soos bordkryt. “Ugh!” steun al die spelers gelyk. “Is jy oukei, Ampie?” vra meneer Jansen, die afrigter. Hy is gebou soos ’n wensbeentjie: dun en benerig. Dit lyk of hy enige oomblik kan breek. Dalk moet hy maar eerder Laerskool Breekkloof se gelukbringer word. Daardie ou wat in ’n pienk flamink-kostuum langs die veld rondhardloop. Ampie se bene lyk nogal soos ’n flamink s’n. Die oefening is uiteindelik verby. Ampie stap na sy sportsak toe. Ludolf draf verby. Hy gee hom ’n klappie op die rug om hom te bemoedig. “Sien jou by die volgende oefening, Ampie!” Ampie glimlag vir hom. Ludolf is Ampie se held. As Ludolf ’n bal onder sy arm vasknyp en hardloop, kan niemand hom keer nie. As hy wat Ampie is net eendag so goed soos Ludolf kan speel … Met ’n sug trek hy sy sweetpakbaadjie aan. Meteens vang sy oog iemand langs die paviljoen. Dis ’n groot ou met kortgeskeerde hare. Hy hou Ampie-hulle fyn dop en gee ’n vieslike grynslag. Ampie knip sy oë, maar toe hy weer sien, is die ou weg … Wil jy verder lees? Monsterrugby is beskikbaar is alle goeie boekwinkels. Klik hier om dit aanlyn by Loot te bestel. Klik hier om dit aanlyn by Amazon te bestel. Klik hier om dit direk by Lapa Uitgewers te bestel. Klik hier om die e-boek by Lapa uitgewers te bestel. Save Save Share on Facebook Share 0 Share on TwitterTweet Share on Pinterest Share 0 Share on LinkedIn Share Share on Digg Share 0 Total Shares