You are here
Home > Afrikaans > Skreeu

Skreeu

Soos ’n vuishou in die maag. So tref hierdie bundel kortverhale vir tieners jou. Van die bekendste skrywers in Afrikaans span saam vir ’n boeiende leeservaring.

Al die stories in hierdie bundel het een ding gemeen – hulle is uit die perspektief van hedendaagse jongmense geskryf en takel kwessies waarmee tieners hulle sterk kan vereenselwig. Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 22 uiteenlopende skrywers – van bekende skrywers soos Fanie Viljoen, Jan van Tonder, Riana Scheepers, Martie Preller en Jaco Jacobs tot opwindende nuwe stemme soos Lydia du Plessis.

Vir die onderwysers is daar ook die volledige studiegids.

Formaat: Sagteband 137 x 212mm 160pp

ISBN: 978 0 7993 4684 8

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.
Top