Slym se stories Afrikaans Boeke vir Kinders by Fanie Viljoen - 5th January 201813th October 20234 ’n Wurm beland by ’n spul paddas en die grootste avontuur van sy lewe begin. Langs die riete, in Paddavlei, daar waar al die paddas bly, onder die grote hemelruim, woon daar ook ’n wurm, Slym. ’n Geheime wapen sit onder my stert en ek sing o-parra in ’n paddakonsert! Al my avonture is amper om, maar ek sal graag weer terug wil kom. So met ’n lag en met ’n traan moet ek, Slym, nou huis toe gaan. Fanie Viljoen se Slym-reeks is nie verniet so gewild nie. Sedert die verskyning van die eerste Slym-boek in 2004 het dié oulike wurm en sy aanhangers al hope avonture saam beleef. Slym het die eerste wurm geword wat in ’n paddakonsert gesing het, hy het ’n draai by die gogga-sirkus gemaak, die paddakoning ontmoet en selfs op ’n towertapyt gery! Boonop het hy sommer vier ATKV-Woordveertjies ook ingepalm! Vir die eerste keer verskyn al vier Slym-boeke saam in een pragtige volkleur-omnibus, met illustrasies deur die skrywer, Fanie Viljoen. Dit sluit in: Slym: Die wêreld se eerste wurm in ’n paddakonsert Slym en die beker van geluk Slym en die gogga-sirkus Slym en die towertapyt Koop Koop Slym se stories by goeie boekwinkels. Klik hier en bestel die boek by Lapa Uitgewers. Koop die e-boek by Lapa Uitgewers. Koop die boek by Takealot. Koop die boek by Loot. Koop die e-boek by Amazon. Hierdie vier stories is almal in Slym se stories: Slym: Die wêreld se eerste wurm in ’n paddakonsert Slym, ‘n slymerige wurm, word deur ‘n voël gevang. Slym skrik so groot dat hy ‘n bol vrotterige slym in die voël se bek skiet. Die voël skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val by ‘n skool vir paddas. By die skool vind Slym uit dat hulle besig is om ‘n paddakonsert te reël. Dit laat Slym se kop oortyd werk, en met sy vriend, Paddavoet, se aanmoediging besluit Slym om die eerste wurm te word wat in ‘n paddakonsert optree. Maar dit is egter nie so maklik nie. Slym sal eers by juffrou Plat Anna, Paddarotti en Giftand die slang moet verbykom … Slym en die gogga-sirkus WENNER: ATKV-Woordveertjie vir die teks en die illustrasies (2008) Die gogga-sirkus is hier! Slym en die paddas in juffrou Plat Anna se klas is baie opgewonde oor die pragtige rooi-en-wit sirkustent. Daar is slakke wat suigstok-toertjies doen, sprinkane baljaar op trampoliens en die krieke oefen vir die sirkus-simfonie. Maar iewers sluip ‘n skelm met bose planne rond … Sal Slym en sy beste vriend, Paddavoet, ‘n plan kan maak voordat dit te laat is? Slym en die beker van geluk WENNER: ATKV-Woordveertjie vir die teks en die illustrasies (2010) Koning Kwaak, die paddakoning, kom Paddavlei toe! En hy bring boonop die Beker van Geluk saam. Enigiemand wat daaruit drink, sal sewe jaar lank dolgelukkig wees. Slym en die paddas in juffrou Plat Anna se klas kan nie wag om te sien wie gekies gaan word om uit die beker te drink nie. Maar dan gebeur ’n vreeslike ding … Hierdie is die derde titel in die opwindende Slym-reeks. Slym en die towertapyt Slym die wurm en sy paddavriend, Paddavoet, is in die moeilikheid omdat hulle in juffrou Plat Anna se klas gelag het. As straf moet hulle die hele klas én die stoorkamer skoonmaak. Maar in die stowwerige stoorkamer ontdek hulle iets ongelooflik – ’n towertapyt waarop jy soos blits deur die lug kan skiet. Dis vet pret! Daardie aand toe Slym in sy bed lê, kry hy ’n blink plan. Sal die towertapyt hom kan help om weer sy ma en pa te sien? Slym vertrek op ’n betowerende avontuur om sy ouers te soek. Maar beteken dit dat hy nooit weer sy paddavriende gaan sien nie? Teken vir Slym Gebruik hierdie video in die klas of by die huis. Fanie leer jou om om vir Slym te teken. Wil jy die boek lees? Koop Slym se stories by goeie boekwinkels. Klik hier en bestel die boek by Lapa Uitgewers. Koop die e-boek by Lapa Uitgewers. Koop die boek by Takealot. Koop die boek by Loot. Koop die e-boek by Amazon. Share on Facebook Share 0 Share on TwitterTweet Share on Pinterest Share 0 Share on LinkedIn Share Share on Digg Share 0 Total Shares