Sneeuman-swem Afrikaans Boeke vir Kinders by Fanie Viljoen - 21st July 202229th November 20220 “Gee vir my die een met die yskoue hart!” Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is ’n grap. Almal noem hom PADDA! Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees. Maar sy lewe verander in ’n nagmerrie. Op die skool se swemtoer breek die bus. Padda, Wayde en Trish moet hulp gaan soek. Maar ’n afskuwelike SNEEUMAN is op hulle spoor. En hy soek die een met die yskoue hart … om op te vreet! Gaan Padda se lewe in ’n grillerige grap eindig? Of gaan hy wys dat daar in elkeen van ons ’n held sit? Koop Koop Sneeuman-swem by goeie boekwinkels. Koop die boek direk by die uitgewer. Koop die e-boek by die uitgewer. Koop die boek by Amazon. Koop die boek by Takealot. Uittreksel 2 Jy is nie ernstig nie, Padda … Die harige muis val uit Trish se hare. Dit land in ’n plassie water by haar voete. Sy lang stert krul oor haar kleintoontjie. Toe gil sy eers. WHA-AA-AA-AA! WHA-AA-AA-AA! WHA-AA-AA-AA! Padda vou amper dubbel soos hy lag. Trish trap verskrik rond. Haar oë is so groot soos ping-pong-balle agter haar swembril. Juffrou Benjamin kom help haar. Nou eers sien Trish dis eintlik ’n aaklige speel-goedmuis. Sy tel dit op. Gooi Padda sommer daarmee. “DIS NIE SNAAKS NIE! Ek sal jou terugkry, Padda Poggenpoel!” Padda trek sy gesig. “Probeer maar.” Hy draai na Wayde. “Het jy gehoor hoe skree sy? Dit was nou supersnaaks, nè?” Wayde knik. ’n Glimlag speel om sy mond. Padda kry weer die speelgoedmuis. Hy druk dit terug in sy sak. “Ek het sommer nog baie grappies en poetse vir die swemtoer. Almal gaan deurloop.” “Wees maar net versigtig dat iemand nie seerkry nie,” sê Wayde ernstiger. “Het iemand seergekry?” vra ’n harde stem skielik agter die ouens. Padda kyk om. “Hallo, Oom!” “Hallo, Pieter,” sê Wayde se pa. Hy staan met gevoude arms en kwaai oë. “Hoekom het daardie meisie so gegil?” “Ag, dit was sommer net ’n grappie, Oom.” Padda glimlag stout. “Ek het haar ’n streep getrek.” “Hmmm,” sê Wayde se pa. “Jy maak nogal baie grappies, nè?” “Dis maar wie ek is.” Padda haal sy skouers op. “ALMAL hou eintlik daarvan.” “Is jy seker?” vra die oom. “Ek hou nie daarvan nie.” Padda se gesig val. “Oom …?” stotter hy. Die oom lyk nou nog kwaaier. “Ek weet jy en Wayde ken mekaar al jare. Maar dis dalk beter as julle mekaar ‘n ruk lank nie sien nie.” Wayde se mond val oop. “Ons gaan dan saam op die toer, Pa!” “Julle kan op die toer van mekaar af wegbly.” Die oom wikkel sy snor. “Pieter, ek sien jy neem nie die swem ernstig op nie. Wayde is ’n goeie swemmer. En jy … jy is net ’n slegte invloed op my seun.” “Ek is nie, Oom!” keer Padda verskrik. Dis seker ’n grap, dink hy. Maar die oom is nie klaar nie.’nie. * Het Padda se grappies te ver gegaan? Het hy ‘n vriend verloor? Wat gaan op die skooltoer gebeur? As jy verder wil lees, kry Sneeuman-swem by boekwinkels of aanlyn. Het jy geweet? Sneeuman-swem is deel van die Vreesveld reeks – sportboeke wat jou laat gril. Die ander boeke in die reeks is … Monsterrugby Vampierhokkie Share on Facebook Share 0 Share on TwitterTweet Share on Pinterest Share 0 Share on LinkedIn Share Share on Digg Share 0 Total Shares