You are here
Home > Afrikaans > Spring

Spring

Ouens doen soms mal goed om ’n meisie te beïndruk

Wenner: ATKV-kinderboektoekenning

Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beïndruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red?

Rudi en Steven maak ’n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om ’n meisie te probeer beïndruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube.

Hulle kry selfs ’n bynaam – die Vidiote.

Maar dan ontmoet hulle vir Marco. Marco het planne. Opwindende planne. Gevaarlike planne. Planne om die Vidiote se toertjies beter en waaghalsiger te maak. En dan loop dinge skeef …

Skooluitgawe

Spring is ook beskikbaar as skooluitgawe.

Dit word suksesvol by talle skole in Suid-Afrika gebruik en is ook voorgeskryf. Die boek is veral geskik vir sukkelende lesers.

Nota: Die skooluitgawe bevat ook ‘n leesgids.

Koop

Koop Spring by jou naaste goeie boekwinkel, of bestel dit aanlyn.

Koop Spring direk by Lapa Uitgewers (Skooluitgawe, papierformaat)

Koop Spring direk by Lapa Uitgewers (Skooluitgawe, e-boek)

Koop Spring direk by Lapa Uitgewers (Kommersiële uitgawe, papierformaat)

Koop Spring direk by Lapa Uitgewers (Kommersiële uitgawe, e-boek)

Koop Spring direk by Loot (Skooluitgawe, papierformaat)

Koop Spring direk by Loot (Kommersiële uitgawe, papierformaat)

Koop Spring direk by Takealot (Kommersiële uitgawe, papierformaat)

Koop Spring by Amazon (Skooluitgawe, e-boek)

Koop Spring by Amazon (Kommersiële uitgawe, e-boek)

Het jy geweet?

Spring is ook in Engels beskikbaar as Jump.

Kyk na Spring se video

Uittreksel

Die toertjie gaan verkeerd. Verskriklik verkeerd.
Rudi bewe terwyl dit gebeur. Hy kan dit nie glo nie. Hy probeer die kamera stil hou.
Toe dink hy: Vergeet die video. Gaan help jou pel!
Steven se gille eggo nog teen die skoolgeboue. Rudi sit die kamera neer. Amper te hard.
“Is jy orraait, Steven?” roep Rudi. Hy hardloop nader.
Hy skop die goed wat hulle vir die opdraand gebruik het, weg. Die planke en bakstene skuif oor die sement.
Die skaatsplank lê daar doer.
Die grond is oortrek met stukkies glas. Dis die hok s’n.
Steven kruip weg van die slang af.
Die reptiel krul verskrik op die sement. Sy bek is oop. Sy swart ogies blits. Dit lyk darem nie of hy seergekry het nie. Maar hy lyk omgekrap.
In sy kop sien Rudi weer alles wat gebeur het. Die oefenlopie was oukei. Maar tóé was die slang nie daar nie. Die tweede probeerslag was ’n nagmerrie.
Steven se voorkop is natgesweet.
Marco kondig die video aan.
Hy is vol bravade.
Hy vra of Steven gereed is.
Steven se kop sak.
Hy skraap moed bymekaar.
Toe laat wiel hy.
Dit gebeur alles so vinnig.
Hy tref die opdraand.
Teen ’n hoek, nie reguit soos in die oefening nie.
Arms en bene waai.
Die skaatsplank kantel.
Die planke skuif van die bakstene af.
Steven vlieg.
Steven val.
Die hok breek.
Die slang is onder hom …

“Ag, moenie so tekere gaan nie,” sê Marco. “Dit was ongelooflik! Jy was ongelooflik, Steven!”
Rudi help sy vriend op. Daar is bloed aan sy elmboog. Nog bloed stroom teen sy arm af.
Marco tel die slang op. Hy vryf oor sy skubberige lyf. Sy bek maak sssj-geluide.
Hy bring die slang se kop tot teen sy eie kop. Hy draai dit sodat Rudi en Steven dit kan sien. Asof hy die slang is, fluister hy: “Ek is maar net ’n ou koringslang. Ek sal jou nie byt nie, Steven. Ek wurg my prooi … En ek eet net rotte.”

Koop Spring by jou naaste goeie boekwinkel, of bestel dit aanlyn by Lapa uitgewers, Loot, Takealot of Amazon.

Save

Save

Save

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.
Top