Springboekie Afrikaans Boeke vir Kinders by Fanie Viljoen - 14th May 202413th June 20240 Springbokke het ’n superkrag. Hulle is die beste rugbyspelers, natuurlik. Amabhokobhoko! Maar wat as jy ’n ander superkrag het? Dalk is LEES jou superkrag! Soos Springboekie! Springboekie is MAL daaroor om te lees. Hy wens net sy maats het ook daarvan gehou. Hulle wil net HEELDAG in die moddergat speel en hulle dink boeke is VERVELIG. Gelukkig is Springboekie baie slim. Hy wys sy maats dat daar ’n boek vir elkeen bestaan. Selfs ’n kwaai leeu! Koop Springboekie is beskikbaar by alle goeie boekwinkels. Klik en koop Springboekie by Lapa Uitgewers. Klik en koop Springboekie by Takealot. Klik en koop die e-boek by Lapa Uitgewers. Nota: Springboekie is ook in Engels beskikbaar as Springbookaroo. Kleur in Klik op die skakel om ‘n inkleurprent van Springboekie af te laai. Die pragtige illustrasie is gemaak deur Elsabé Ebersohn. Springboekie_A4_Inkleur Uittreksel 1 Die groot skrik Nie alle springbokke speel rugby nie. Een springbok doen iets heeltemal anders. Hy lees boeke. Baie, baie boeke. Sy naam is SPRINGBOEKIE! Eendag staan Springboekie voor sy boekrak. Dis gekerf uit ’n groot boomstam. Digte bosse groei om die boom. Dis hoekom jy die boekrak en die oopte in die middel moeilik sien. Dis waar Springboekie altyd lees – soos vandag. Sy oë dwaal oor al die boeke. Watter een kan hy volgende lees? Hy byt sy tong vas – soos hy dink. Hy krap sy kop met sy poot – soos hy wonder. Hy trek sy mond – soos hy besluit. “AAH!” roep Springboekie hard. Hy trek ’n dik boek uit die rak. “DIE GROOT BOEK VAN SPROKIES.” Springboekie gaan lê op sy rug voor die boekrak. Die mat van gevlegte gras is sag onder hom. Hy skuif ’n wilde waatlemoen onder sy kop in – versigtig sodat dit nie aan sy kort horings haak nie. Dan slaan hy die boek oop. Dit het die mooiste prente van vlakvark-feetjies, kraai-konings en skilpad-soldate. Springboekie se gunsteling is van ’n muishond-meermin. Springboekie kry die eerste storie in die boek. Pure lekkerkry ril deur hom. Watse avontuur gaan hy nou in die storie beleef? “Eendag was daar …” lees hy. Skielik is daar ’n harde brul. GRRR-RRR-RRR-AUUU! Springboekie klap die boek toe. Sy hele lyf word koud. Sy stert knyp benoud. GRRR-RRR-RRR-AUUU! GRRR-RRR-RRR-AUUU! O bokveld, dis ’n leeu! Springboekie is dadelik op sy pote. Hy trap rond en bont. Sy bene knoop soos bobbejaantoue. Oefff! val hy oor sy boek. Hy spring weer regop. Sy oë rek so groot soos ’n volstruiseiers. Sy hart bons-bons-bons wild in sy bors. Hy wil weg wip. Maar hy spring hom disnis teen iets vas. DIE LEEU! Share on Facebook Share 0 Share on TwitterTweet Share on Pinterest Share 0 Share on LinkedIn Share Share on Digg Share 0 Total Shares