You are here
Home > Afrikaans > Sweef

Sweef

Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 25 uiteenlopende skrywers – van bekende jeugboekskrywers soos Martie Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie Viljoen tot opwindende nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids (beter bekend as Errol van 7de Laan).


Al die verhale in Sweef het een ding gemeen – dit is spesifiek gefokus op tieners en hul belewenis van die wêreld. Daar is stories wat jou sal laat dink en droom, stories wat jou sal laat ril en raai, en bowenal stories wat jou sal laat … sweef.

Die perfekte boek vir ure se leesgenot. En vir klaskamergebruik is daar ’n opwindende Sweef-onderwysersgids  beskikbaar met uitgewerkte vrae, skryfwenke, asook ’n CD met voorlesings deur van die skrywers.

Uitgewer: Lapa
ISBN: 978 0 7993 4552 0

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.
Top