You are here
Home > Afrikaans > Van spoke gepraat

Van spoke gepraat

Drie en dertig skrywers span hier saam om die leser koue rillings te gee: van ons beste gevestigde skrywers tot belowende jongeres. Die verhale – nuut geskep, behalwe twee voortreflikes wat reeds verskyn het – gaan grotendeels oor dwaalgeeste of teenwoordighede uit ’n ander dimensie.


 

Geeste wat nie tot rus kan kom nie, dwaal in ’n ou plaashuis, in die waaksaal van ’n hospitaal, of in die nagmis langs die see.
’n Mistieke teisteraar vervul ’n jong meisie met ’n mengsel van bekoring en vrees, terwyl ander gryslanders kom om geliefdes te troos ná ’n skielike dood. ’n Ou hond bring ’n boodskap uit die skimmeryk, en ’n wit koei stap sielig deur doringdraad. En een stormnag staan die spookvrou van Uniondale langs die pad om te ryloop …
Die meeste van die verhale is fiktief, ander gedeeltelik, en enkeles is op werklike ervarings gegrond. Soms lê die ondervinding – deur droom of visioen – op die rand van die werklikheid.

Ná die lees van hierdie boek sal spoke nooit weer dieselfde wees nie. Maar wees gewaarsku: Moenie al die verhale op ’n streep lees nie. Laat elkeen uit eie reg by jou spook.

Byeengebring deur Charles Fryer

Lees Fanie Viljoen se kortverhaal Spookstorie in hierdie bundel.

ISBN 978-0-624-04390-4

Uitgewer: Tafelberg

 

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.
Top