You are here
Home > Afrikaans > Vonkfiksie

Vonkfiksie

Dié bundel, die resultaat van die De Kat en Human & Rousseau se kort-kortverhaalwedstryd, bevat 45 verhale, insluitend Nanette van Rooyen se wenverhaal Tollie Hans en naaswennende verhale deur Abraham H. De Vries, Rachelle Greeff, Martie Preller en Herman Wasserman.


 

En die vonke spat behoorlik, want nog meer as in gewone verhale moet elke woord hier ekonomies ingespan, elke sin haarfyn beplan word . . .

Hierdie is verhale wat die uitdrukking “kort maar kragtig” gestand doen, met talentvolle debutante wat skouers skuur met gevestigde skrywers.

Lees Fanie Viljoen se kort-kortverhaal Weersiens in hierdie bundel.

ISBN 0-7981-3944-7

Uitgewers: Human & Rousseau

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.
Top