You are here
Home > Afrikaans > Tippie – Leer my lees

Tippie – Leer my lees

Fanie Viljoen het ‘n hele klomp nuwe Tippie-boeke geskryf.

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Die stories in die Tippie-reeks is uniek, kleurvol en prettig. Illustrasies ondersteundie teks, maar is meer abstrak. Die volgende tien gegradeerde leesboeke fokus op langer sinne, langer paragrawe en ’n moderne uitleg om kritiese denke en leesbegrip te ondersteun. Vlak 5 en 6 se boeke 11-20 is die perfekte oorbrugging om uiteindelik ’n verskeidenheid tekste met selfvertroue en vlotheid te kan lees.

Jy kan die boekies een-een aanskaf, of die boekpakke met 10 boekies elk kry.

Jy kry Fanie se Tippies in boekpakke vir Vlak 5 en 6.

Ontwikkelaars

Die reeks is ontwikkel deur die opvoedkundiges Reinette Lombard en José Palmer.

Met jare se ervaring in buitengewone onderwys waar kinders met lees- en spelprobleme sukkel om te leer, wil José en Reinette met die LEER MY LEES / LEARN TO READ-reeks ’n liefde vir lees by kinders kweek. Hierdie leesreeks met sy prettige illustrasies is saamgestel sodat dit nie net pret sal wees om te lees nie, maar ook woordeskat en leesbegrip sal bevorder.

Koop

Tippie-boeke is beskikbaar in alle goeie boekwinkels en aanlyn.

Klik hier om Vlak 5 se boekpak te koop.

Klik hier om Vlak 6 se boekpak te koop.

Boektitels

Vlak 5

Boek 11 – Tippie gaan kamp

Boek 12 – Tippie speel kleilat

Boek 13 – Tippie word ‘n held

Boek 14 – Tippie kry nuwe toks

Boek 15 – Tippie leer brei

Boek 16 – Tippie maak ‘n grap

Boek 17 – Tippie en die verlore beursie

Boek 18 – Tippie gaan fliek

Boek 19 – Tippie gaan winkel toe

Boek 20 – Tippie se droom

Vlak 6

Boek 11 – Tippie en die boelie

Boek 12 – Tippie en die filmster

Boek 13 – Tippie wen ‘n prys

Boek 14 – Tippie en die sirkus

Boek 15 – Tippie maak ‘n video

Boek 16 – Tippie breek ‘n been

Boek 17 – Tippie bak ‘n koek

Boek 18 – Tippie speel krieket

Boek 19 – Tippie gaan oorsee

Boek 20 – Tippie word groot

 

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.
Top