Sny hulle in sterre uit Afrikaans Boeke vir Skole Boeke vir Tieners Jonger Tieners by Fanie Viljoen - 27th June 20250 Stop jou getjankery, ou. Ons sal uitkom. Oukei? Stop dit! ‘n Aardbewing op ‘n Vrystaatse myndorp laat ‘n skoolgebou ineenstort en keer drie tieners onder die puin vas. Terwyl hulle suurstof en hulle hoop al minder word, beleef die leser die angswekkende situasie saam met hulle. Die vasgekeerde kinders ervaar engtevrees en angs vir die naderende dood, en opflikkerings van verbete hoop en selfs humor. Sal ‘n reddingspan hulle betyds kry? Wie sal oorleef? Koop Sny hulle in sterre uit is beskikbaar in alle goeie boekwinkels en aanlyn Klik hier om die boek by Graffiti Boeke te koop. Klik hier om die boek by Loot te koop. Kyk en luister Fanie lees ‘n uittreksel uit die boek. Uittreksel Weer is dit die voëls en die buurt se honde, maar hierdie keer raak hulle stil. Onheilspellend stil. Gustav kyk na Ankia. Frons. “Wat is dit?” Sy haal haar skouers op. Lebo se oë draai ook na die venster toe. Hulle luister. Luister. Luister. Toe kom die rammelende stamp wat die diep stilte meteens oorverdowend maak. Dis asof ’n reusehand op die skool neerkom en dit skud. Iewers bars motoralarms gelyk los. Die skel klank kerf die lug flenters en vul dit met vrees. Stemme klink op. Baie stemme. Onder Gustav-hulle rol die aarde. Dit stamp weer, kragtiger as die eerste keer. “Aardbewing!” skree Ankia. Share on Facebook Share 0 Share on TwitterTweet Share on Pinterest Share 0 Share on LinkedIn Share Share on Digg Share 0 Total Shares