You are here
Home > Afrikaans > Droomskip en ander verhale

Droomskip en ander verhale

Nasou Via Afrika Uitgewers kondig met trots ’n besondere literêre gebeurtenis aan: die publikasie van ’n splinternuwe radiodramabundel! – Droomskip en ander radiodramas

Blindemol  – Chris Barnard ; Beseringstyd – Charles J. Fourie ; Droomskip – S.D. Fourie ; Nagwaak – Helena Hugo ; Omdat die wind alleen is – Engela van Rooyen ; Die losprys – Fanie Viljoen

Radiodrama is ’n eiesoortige genre wat in die eerste plek bedoel is om na geluister te word. Die radiodrama as teks is egter ook ’n besondere literêre genre wat unieke uitdagings aan die skrywer stel – reeds tydens die skryfproses moet die ouditiewe aard en verskeie tegniese aspekte in gedagte gehou word.

Afrikaans-huistaalleerders moet tydens die Verdere Onderwys en Opleidingsfase (VOO-fase, Grade 10, 11 en 12) ’n vierde genre as deel van die gestelde uitkomste van die Nasionale Kurrikulum Verklaring (NKV) behandel. Die keuse kan gemaak word tussen byvoorbeeld ’n filmteks, verhoogteks of radiodramateks. Ongelukkig bestaan daar min gepubliseerde eietydse dramas. Dit bemoeilik die onderwyser se taak aansienlik en lei daartoe dat gedateerde tekste (wat verwyder is van leerders se verwysingsveld) tot vervelens toe behandel word. Die hoorspel / radiodrama is ook spesifiek ingesluit by die NKV vir Drama-leerders. Hierdie bundel is ook uiters geskik vir die onderrig van ’n derde genre aan Afrikaans-EAT-leerders.

Met Droomskip en ander radiodramas bied Nasou Via Afrika die beste oplossing vir die uitdaging waarvoor Afrikaans- en Drama-onderwysers te staan kom.
ISBN: 978-1-415-40289-4

Samesteller: Herman van der Westhuizen

Formaat: 208 bladsye  – met MP3’s op CD ingesluit

Uitgewer: Nasou Via Afrika Uitgewers

Fanie Viljoen
Skrywer, dagdromer, koffiedrinker.
Top