Zombiesokker Afrikaans Boeke vir Kinders by Fanie Viljoen - 5th June 20255th June 20250 As die fluitjie blaas, kom die zombies … Tibs Tabane en sy vriend Elroy is MAL oor sokker. Hulle berei voor vir ’n belangrike sokkerwedstryd, maar hoekom hoor hulle die heeltyd ’n stem wat roep: “HONGER-R-R-R”? Gaan Tibs en Elroy betyds die zombies kan keer wat dreig om die sokkerwedstryd te ontwrig? Ander boeke in die Vreesveld-reeks Monsterrugby Vampierhokkie Sneeuman-swem Koop Zombiesokker is beskikbaar by alle goeie boekwinkels, of klik op die onderstaande skakels om dit aanlyn te koop: Koop die boek by Lapa Uitgewers. Koop die e-boek by Lapa Uitgewers. Koop die boek by Takealot. Koop die boek by Loot. Koop die e-boek by Amazon. Uittreksel Die stamp eggo deur die laboratorium. Nog groen rook glip uit die yskas se deur. Tibs wys vir Elroy om sy hemp uit te trek. “Hou dit voor jou mond.” BAMMM! stamp dit weer in die yskas. Tibs en Elroy se oë rek groter. Die skrik verlam hulle. Hulle moet hardloop. Maar hulle voete wil nie beweeg nie. BAMMM! Die stamp is harder as die voriges. Die skroefies by die yskasdeur kom los. Tuimel grond toe. Nou eers kan Tibs en Elroy beweeg. Hulle vlieg soos een man om. Hardloop na die vertrek se deur. Tibs laaste. Hy kyk oor sy skouer. Sy selfoonlig bewe oor die yskaste. Een van hulle breek met ’n slag oop. Nog groen rook borrel na buite. Share on Facebook Share 0 Share on TwitterTweet Share on Pinterest Share 0 Share on LinkedIn Share Share on Digg Share 0 Total Shares